Oorstromings neem toe in ZambeziApril 16, 2025

Die goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu sê sommige skole in sy streek is reeds gesluit as gevolg van die stygende vlakke van die Zambezi-rivier. Die Namibiese Hidrologiese Diens waarsku dat inwoners van die oostelike Zambezirivier-vloedvlakte moet gereed maak vir oorstromings. Die Zambezi by Katima Mulilo is steeds besig om te styg en het gister 4,92 meter gemeet, teenoor die 3,91 meter op dieselfde tyd verlede jaar. Sampofu sê die rivier sal bo 5 meter styg.