Lüderitz-waterfront maatskappy weer in ACC se visierApril 16, 2025
Die Tender Bulletin berig dat die Lüderitz-waterfront Ontwikkelingsmaatskappy weer deur die Teenkorrupsie-kommissie ondersoek word. Daar is bewerings dat die maatskappy kontrakte toegeken het sonder die nodige tenderproses. Projekte wat deur die proses aangepak word, is die opgradering van die Ou Kragstasie, wat fasiliteite van ‘n ouditorium en wegbreekkamers insluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Phil Balhao, die burgemeester van Lüderitz, gesels wat sê het hy hoop dat die ondersoeke afgehandel sal word.