Ishanas in sommige streke kry steeds invloeiApril 16, 2025

Volgens die jongste verslag van die Namibië Hidrologiese Diens is daar steeds hoë invloei in ishanas in die Ohangwena, Omusati en Oshana-streke. Watervlakke in die westelike deel van die Cuvelai-Etosha-bekken neem egter geleidelik af. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Pauline Mufeti, die hidrologiese diens se hoof-hidroloog, wat meer inligting gee.