Persoon doodgeskiet op Mthatha-kampus glo nie student of personeellidApril 16, 2025
Die Walter Sisulu-universiteit sê die persoon wat Dinsdag tydens die betogings op die Mthatha-kampus in die Oos-Kaap doodgeskiet is, was nie ‘n geregistreerde student of ‘n personeellid by die instelling nie. Die persoon is na bewering deur die universiteit se koshuisbestuurder geskiet en twee studente is gewond, in ‘n beweerde huis-indringing. Die universiteit sê die owerhede probeer vasstel wie die oorledene is en die rede vir sy of haar betrokkenheid by die voorval.