Hidrologiese Diens waarsku oor oorstromings by Zambezi, OkavangoApril 16, 2025
Die Namibië Hidrologiese Diens waarsku dat inwoners van die oostelike Zambezirivier-vloedvlakte en in laagliggende gebiede naby die Okavangorivier moet gereed maak vir oorstromings. Die Zambezi by Katima Mulilo is steeds besig om te styg en het gister 4,92 meter gemeet, teenoor die 3,91 meter op dieselfde tyd verlede jaar. Die Okavango het by Rundu teen 7,67 meter gevloei, hoër as die 5,76 meter wat verlede jaar gemeet is. Die Kunene by Ruacana se vloei het ook weer gestyg na 908.40 kubieke meter per sekonde. Die benede-Oranje is aan die styg en het by Blouputs 2,41 meter aangeteken, terwyl Sendelingsdrif 2,60 meter gemeet het.