G’n 500 VSA-burgers word gedeporteer: presidensieApril 16, 2025
Die presidensie doen ‘n beroep op die publiek, mediahuise en digitale inhoud-skeppers om enige regeringsinligting op amptelike regeringskanale te verifieer voordat hulle dit deel of daaroor verslag doen. Dit kom na aanlynartikels versprei is waarvolgens president Netumbo Nandi-Ndaitwah die deportasie van meer as 500 Amerikaanse burgers beveel het, in terme van die nuwe visa-regime. Die presidensie sê dit is totaal vals en het ten doel om die beeld van die president en die regering te beskadig, en om moontlike diplomatieke verleentheid te bewerkstellig. Namibië bly daartoe verbind om sterk diplomatieke en bilaterale betrekkinge met Amerika te handhaaf, en alle immigrasiekwessies word deur gevestigde wettige en diplomatieke kanale hanteer.