Caster praat oor uitdagings by Harvard Kennedy-skoolApril 16, 2025
Die Suid-Afrikaanse gouemedalje-wenner, Caster Semenya, het die hoofrede gelewer by die Harvard Kennedy-skool in Amerika se Vroue in Mag-konferensie. Sy en die Amerikaanse Olimpiese wenner, Lauren Scruggs, het onder die tema, Reimagining Power: Building a New Legacy, ʼn gesprek gevoer oor veerkragtigheid, doelwitte en identiteit. Semenya het in haar toespraak vertel hoe sy ten spyte van teenspoed onoorwinlik en veerkragtig bly. Sy beskryf die ervaring as ʼn droom wat waar geword het.