Amushelelo, Boulter weer in die hof vandag April 16, 2025

Daar is twee belangrike sake voor adjunk-regterpresident Hannelie Prinsloo. Die eerste is saakbestuur in die staat se saak van geldwassery en bedrog teen Michael Amushelelo en sy sakevennoot Gregory Cloete. Die twee staar 365 klagtes waaronder bedrog, belastingontduiking en geldwassery ingesluit is. Amushelelo het reeds in Augustus verlede jaar al sy bates verloor na die staat beslag daarop gelê het. Dan, die moordsaak van die Britse miljardêr Harvey Boulter. Die saak is in Oktober verlede jaar uitgestel omdat Boulter in die hooggeregshof wil appelleer teen die hoërhof se bevinding dat hy wel tereg moet staan op die klagte. Dit is onbekend wat vandag sal gebeur.