Uitgebreide ontwikkeling in Okavango-opvangsgebied kommerwekkendApril 15, 2025
Sedert 2018 het die opvangsgebied van die Cubango/Okavango-riviere in Angola en Namibië ‘n verskuiwing van bestaans- na inkomste-gebaseerde aktiwiteite gesien, met toenemende beleggings in landbou, mynbou en stedelike ondernemings. Stedelike sentrums, veral langs groot paaie, het vinnig gegroei, terwyl baie landelike gebiede min of geen groei gesien het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die top-wetenskaplike en navorser in Namibië, dr. John Mendelsohn, gepraat. Hy het ondersoek na die stand van sake gedoen en ‘n verslag voorberei. Die grootste trekpleister is die gratis grond en water, meen hy.