Trump wil Amerikaners ook in El Salvador se tronke aanhouApril 15, 2025

President Donald Trump het kommentaar gelewer oor die moontlikheid om Amerikaanse misdadigers ook na El Salvador te vervoer om daar hulle vonnisse uit te dien.

Media in die VSA sê dis nie net ligtelike kommentaar nie. Voor Trump met sy eweknie van El Salvador Nayib Bukele vergader het, is hy gehoor waar hy aan Bukele sê Amerikaners is volgende en vyf gevangenisse sal nie genoeg wees nie. Die deportasie van immigrante na El Salvador bly omstrede omdat hulle sonder enige verhoor of prosedure eenvoudig na die Suid-Amerikaanse land vervoer word om daar in aanhouding geplaas te word.