SAPD maak skoon voor PaasnaweekApril 15, 2025
Meer as 13 800 verdagtes is in die afgelope week tydens Operasie Shanela in hegtenis geneem. Die polisie het ook 21 jeugdiges uit ‘n onwettige kamp in Mpumalanga gered en beslag gelê op meer as 100 vuurwapens. Bykomende arrestasies sluit in 164 vir verkragting en 170 vir moord. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê operasies sal voor die Paasnaweek verskerp word om openbare veiligheid te verseker: