Saoedi-Arabië mik dalk na F1-span eienaarskapApril 15, 2025

Motorsport: Saoedi-Arabië glo dat die eienaarskap van ’n Formule Een-span die volgende stap kan wees ná die aanbied van ’n Grand Prix en om die sport te borg. Die voorsitter van Saoedi-Arabië se Motor- en Motorfietsfederasie, prins Khalid Al-Faisal, het voor die komende naweek se wedren in Jedda gesê dat daar beslis belangstelling is. Die koninkryk het sy eerste wedren in 2021 aangebied en sy Openbare Beleggingsfonds het dieselfde jaar in McLaren belê. F-1 ondervind ‘n oplewing in belangstelling in die Midde-Ooste, veral van jonger vroulike ondersteuners.