SA sal met VSA vergader oor waninligtingApril 15, 2025

Die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en Suid-Afrika se G20-sjerpa, Zane Dangor, sê Suid-Afrika sal met Amerika vergader om waninligting oor die land reg te stel. Dit volg nadat president Donald Trump aangedui het hy gaan in November die G20-beraad in Suid-Afrika boikot en weer die land beskuldig het dat wit boere vervolg word. Dangor sê dis jammer die waninligting word aangedryf deur sommige Suid-Afrikaanse organisasies: