Namibië moet sy hulpbronne beter benutApril 15, 2025

Die voormalige Swapo-parlementslid, Patience Masua, sê Namibië moet sy natuurlike hulpbronne gebruik en ‘n vername speler in die internasionale arena raak om werk vir jongmense te skep. Masua was een van die sprekers by die “The Land of the Brave”-paneelbespreking van die Open Society Foundation en Action Coalition-Namibia.