McIlroy vol lof vir sy joggie, en ou vriendApril 15, 2025
Die nuut-gekroonde Meesters-kampioen Rory McIlroy het sy joggie geprys nadat hy Sondag gewen het om ‘n loopbaan-Grand Slam te behaal, en sê hy sou dit nie kon doen sonder die hulp van sy ou vriend Harry Diamond nie. Die twee is vriende sedert hul kinderjare, en Diamond was McIlroy se strooijonker op sy troue in 2018. Hy sê die oorwinning is net so veel Diamond s’n as syne. Diamond, ‘n voormalige amateurspeler, sal ten minste 10 persent van McIlroy se wengeld van 79,5 miljoen Namibiese dollar ontvang.