Ithete bevestig verbintenis tot BaynesApril 15, 2025

Die lynminister, Natangwe Ithete, het bevestig dat die nuwe regering steeds verbind is tot die Baynes-hidroëlektriese projek. Verlede jaar November het die destydse minister Tom Alweendo gesê die projek is gereed vir implementering na die ooreenkoms onderteken is. Die eerste studies is reeds in 1995 en 1998 voltooi. Die dam, geleë langs die Kunene-rivier, 200 km stroomaf van Ruacana sal krag genereer vir beide Angola en Namibië. Wanneer die projek van ongeveer 22 miljard Namibiese dollar voltooi is, sal dit ‘n meer van 57 vierkante kilometer met 2,65 miljard kubieke meter water wat 880 megawatt krag van opwek.