Hidrologiese Diens waarsku oor water- en riviervlakke April 15, 2025
Die Namibiese Hidrologiese Diens waarsku oor toenemende watervlakke in die Cuvelai-Etosha opvangsgebied en sê waarskuwings en voorsorgmaatreëls moet verskerp word. In die Suide word amper 4 000 kubieke meter water uit die Vaal-, Bloemhof-, Gariep- en Vanderkloofdamme vrygestel en vlakke in die benede Oranje het reeds opgetel. By Blouputs is 2,23 meter aangeteken en by Sendelingsdrif, 1,95. Die Kunene by Ruacana vloei teen 897,4 kubieke meter per sekonde. Die Zambezi styg steeds en is op 4,88 meter by Katima Mulilo terwyl die Okavango op 7,64 meter by Rundu is.