Bewareas en toerisme-kontrakte: Sperdatum na 90 dae verlengApril 15, 2025
Die Namibiese Mededingingskommissie het sy sperdatum aan drie bewareas, om hulle eksklusiewe kontrak van 25 jaar met Ultimate Safaris op te skort, tot 90 dae verleng. Die opdrag is in Februarie gegee en sou op 10 Maart verstryk het. Die kommissie het ‘n klag ontvang van Timoteus Mashuna, wat mynlisensies in die gebied besit, gekla het dat Ultimate die ooreenkoms manipuleer. Die ooreenkoms sluit ‘n gesamentlike bestuursgebied in maar die Kunene-grondraad sê die gebied wat gedek word is te groot en die 99 jaar pag te lank. Een van die bewareas, Sorris-Sorris, is in ‘n regsgeding oor mynregte in die gebied betrokke.