Zambië vang ivoorkoning in spesiale operasie April 14, 2025

Die omgewingsministerie in Zambië, deur sy natuurlewedepartement het ‘n berugte ivoorkoning en vyf medepligtiges aangekeer in ‘n spesiale operasie Sondagmiddag in Lusaka se 6 Myl-gebied langs die Great North-pad. Na aanleiding van ‘n wenk van die publiek oor die onwettige bedrywighede van ‘n Kongolese burger wat by wildhandel betrokke is het owerhede ‘n Toyota Quantum Hiace-minibus onderskep. Die voertuig was gelaai met 72 stukke, amper 529 kilogram ivoor.