VSA, Japan beklink laaste twee plekke in Billie Jean Kingbeker-eindtoernooiApril 14, 2025
Die tafel is nou gedek vir die eindtoernooi van die Billie Jean Kingbeker-spankompetisie vir vroue in Shenzhen, China, in September. Amerika en Japan het die laaste twee lande geword wat kwalifiseer ná oorwinnings oor onderskeidelik Slowakye en Kanada. Die ander deelnemers is die gasvrou, die verdedigende kampioen, Italië, en die wenners van die ander vier kwalifiseringsgroepe – Oekraïne, Spanje, Groot-Brittanje en Kazakstan. Die eindtoernooi sal net bestaan uit uitklopwedstryde – die kwarteindronde, halfeindronde en eindstryd.