Vier se turf sit ná moord, veediefstal April 14, 2025
Vier mans wat van veediefstal en die moord op ‘n ondersoekbeampte in die Gobabis-distrik in Desember 2012 aangekla is, is vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind.
Waarnemende regter Alfred Siboleka het drie van die vier beskuldigdes – Stockley Kauejao, Matheu Kakururume en Muvare Kaporo – skuldig bevind op ‘n aanklag van moord. Kauejao, Kakururume, Kaporo en ‘n vierde beskuldigde, Afas Kamutjemo, is ook skuldig bevind op aanklagte van veediefstal en dwarsboming van die gereg.