Noboa wen gemaklik in EcuadorApril 14, 2025
Ecuador se regse president, Daniel Noboa, is herverkies deur die linkse kandidaat, Luisa González geklop. Voorlopige data toon dat met 92,61-persent van die stemme getel, Noboa 55,85-persent van die stemme verwerf het, vergeleke met 44,15-persent vir González. Noboa het sy verkiesingsoorwinning as geskiedkundig beskryf. Gonzáles sê sy gaan nie die verkiesingsuitslag erken nie en beskuldig Noboa van magsmisbruik deur nie terug te staan, soos die wet vereis nie. Sy voeg by dit is ‘n diktatuur en die grootste verkiesingsbedrogspul wat Ecuador se mense nog ooit gesien het.