Napso-atlete toer na Europa April 14, 2025

Die Namibiese privaatskole-organisasie, Napso, beplan ‘n atletiektoer na Europa in Junie. Die span Namibiese atlete sal uit tien meisies en tien seuns bestaan, meestal hoërskoolleerlinge. Die span sal aan byeenkomste in Estonia en Swede deelneem. Hulle vertrek op 14 Junie kom weer op 1 Julie in Namibië aan.