Mynwese is nie ‘n volhoubare werkskepper nie, hele aanslag moet veranderApril 14, 2025
Gedurende die afgelope week het ‘n video wat gesirkuleer is van honderde hoopvolle werksoekers by die Karibib-stadsaal bymekaargekom om vir potensiële indiensneming te registreer terwyl die beplande Osino-goudmyn gereed maak om in werking te tree. Dit is nie vreemd om honderde en selfs ‘n duisend of meer aansoekers vir ‘n handvol poste in die land te sien nie. Arbeidskenner Herbert Jauch het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat, oor veral mynwese as ‘n volhoubare indiensnemingsmodel.