Lasbrief vir kripto-verdagte wat borg kry, uitgereik April 14, 2025

Die verdagtes in die reuse-kripto-slenter deur Raylon Investments met bedrae van meer as 465 000 Amerikaanse dollar, net meer as 8,9 miljoen dollar, sal weer op 31 Julie in die Windhoek-laerhof verskyn. Veertien van hulle het onskuldig gepleit op 222 klagtes wat bedrog, rampokkery en selfs mensehandel insluit. Die saak hou verband met Oktober 2023 se klopjagte in verskeie luukse woonbuurte in die hoofstad. Net drie is Namibies met die meerderheid wat Chinese burgers is. Intussen is ‘n lasbrief vir Li Zirian uitgereik na sy borg van 70 000 in September verlede jaar toegestaan is en nooit weer saam met maar medeverdagtes verskyn het nie.