DA nou gewilder as die ANC April 14, 2025
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die DA het die ANC die eerste keer verbygesteek in sy openbare meningspeiling. Die DA het 30,3-persent steun en die ANC 29,7, met die begrotingsvoorstel om BTW te verhoog wat aansienlik tot hierdie verskuiwing bygedra het. Die IRV sê die DA se steun onder swart kiesers het van vyf tot 18 persent gestyg, wat die politieke potensiaal vir die party toon om sy steun oor tradisionele grense heen te laat groei. Die volledige uitslae van die peiling sal môre bekend gemaak word.