Al meer onderwysers in SA gebruik vals kwalifikasies April 14, 2025
Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, doen ʼn beroep op die Departement van Basiese Onderwys om onmiddellik op te tree teen bedrieglike kwalifikasies in die onderwyssektor. Die Suider-Afrikaanse Bedrogvoorkomingsdiens sê hulle merk ʼn toename in vals kwalifikasies op. Makaneta sê die departement kan nie bekostig om onderwysgehalte in gevaar te stel deur ongekwalifiseerde individue toe te laat om hulle as beroepspersone voor te doen nie: