SSC gee N$60m vir werk, ontwikkelingApril 13, 2025
Die ontwikkelingsfonds van die Maatskaplike Voorsorgfonds, die SSC, het 60 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel vir werk- en opleidingsinisiatiewe in die land. Altesaam 29 projekte sal hierby baat. Dit sluit landboubedrywighede, die ontwikkeling van markte, navorsingsprojekte en beroepsopleiding in. Die SSC se ontwikkelingsinisiatief het reeds meer as 1 800 werksgeleenthede geskep.