Sokker: Suid-Amerika wil meer spanne in wêreldbeker hêApril 13, 2025
Die Suid-Amerikaanse beheerliggaam, Conmebol, het ’n uitbreiding na 64 spanne voorgestel vir 2030 se Wêreldbekertoernooi wat deur Spanje, Portugal en Marokko aangebied sal word. Westryde sal ook in Argentinië, Paraguay en Uruguay gespeel word. Volgende jaar se toernooi in Noord-Amerika sal die eerste een met 48 spanne wees. Die president van Conmebol, Alejandro Dominguez, glo ’n toernooi met 64 spanne sal alle lande die geleentheid gee om die wêreldervaring te beleef, en sê op dié manier word niemand op die planeet uitgesluit nie.