SA diplomaat rig R800 000 se skade aanApril 13, 2025

Die DA doen ‘n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, om onmiddellik die Suid-Afrikaanse diplomaat en advokaat, David Nkosi wat in Suid-Afrika se buitelandse diens is, af te dank en hom te herroep. Die DA-lid, Ryan Smith sê ‘n antwoord op die party se Parlementêre vraag het onthul dat Nkosi herontplooi is as die politieke raadgewer by die Suid-Afrikaanse ambassade in Amman, Jordanië. Dit is ondanks die feit dat hy die departement net minder as 800 000 rand skuld vir skade wat aangerig is by gehuurde eiendomme in Oostenryk en Indië, waar hy voorheen ontplooi was.