Politieke onsekerheid rem randApril 13, 2025

Ontleders skryf die afgelope week se swak vertoning van die rand toe aan die impak van politieke onsekerheid in Suid-Afrika en kommer dat die regering van nasionale eenheid kan skeur. Die rand het Vrydag met een persent teenoor die Amerikaanse dollar versterk, maar kon nie tot onder 19 rand teen die dollar verhandel nie. In ‘n stadium die afgelope week het die rand die swakste vlak nóg gedurende die dag van 19,93 rand bereik. Die rand was so swak teenoor die dollar ondanks die Amerikaanse geldeenheid wat baie verswak het sedert president Donald Trump se skok-aankondiging oor handelstariewe verlede week.