Rose loop steeds voor by Meesters, McIlroy haal inApril 12, 2025

Gholf: Justin Rose is een hou voor Bryson DeChambeau na gister se tweede ronde van die 89ste Meesters terwyl Rory McIlroy weer ʼn kans het na sy verstommende laaste nege putjies by die Augusta National. Hy is een hou agter DeChambeau. Die 2011-wenner, Charl Schwartzel, het 72 aangeteken en deel die 40ste plek op twee oor baansyfer 146. Twee ander Suid-Afrikaners, Christiaan Bezuidenhout met sewe oor 151, en Thriston Lawrence met 11 oor 155, het nie die paal gehaal ná onderskeidelik ronde 75 en 76 nie.