Drie, insluitend baba, sterf in bakkie-ongeluk naby Gross Barmen-brugApril 12, 2025

Drie mense is dood, insluitend ‘n baba seuntjie, in ‘n een-voertuig ongeluk Vrydagaand naby die Gross Barmen-brug op die B1-pad. Sewe ander mense is beseer, ses van hulle ernstig. Die Otjozondjupa polisie se hoof van gemeenskapsake, senior inspekteur Maureen Mbeha, sê ‘n Toyota dubbelkajuitbakkie met tien insittendes se band het gebars. Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan. Die beseerdes is na die Okahandja staatshospitaal geneem vir dringende behandeling. Die name van die oorledenes is nog nie bekendgemaak nie.