Tariewe: Savanna teiken ander markte, het nie kommer nieApril 11, 2025

Savanna Beef sê Amerikaanse tariewe bekommer hom nie omdat hy fokus op Europese en Chinese markte. Tariewe van 21 persent geld op beesvleis-uitvoere na die VSA. Mecki Schneider, voorsitter van Savanna Beef, sê aan The Brief dat uitvoere moontlik teen die einde van die jaar kan begin maar baie moet nog gebeur voor dit en dat ander markte geteiken word. Savanna Beef wag tans op die voltooiing van sy abattoir net suid van Okahandja en verwag die finalisering van sy uitvoerkontrak teen 21 Augustus 2025. Handelskenner Anton Faul het onlangs gesê landbou-uitvoere na die VSA beslaan 0,02 persent van Namibië se totale uitvoere.