N$46,5m se skuld in mosiehof opgeëisApril 11, 2025

Daar was 120 aansoeke om verstekvonnisse op die mosiehofrolle vanoggend met 21 op die reël 108-rol. Die sessies is deur regters Beatrix de Jager en Boas Usiku hanteer en kommersiële banke het 56 aansoeke voor die twee regters gehad. Die banke eis 28 eiendomme met skuld van amper 32 miljoen Namibiese dollar op. Daar is ook 28 lenings met 14,5 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. In Maandag se sessie hanteer regter Thomas Masuku 45 onverdedigde egskeidings.