Mikrolenings groei in K4 van 2024 April 11, 2025
Namfisa sê die plaaslike mikroleningsektor het aansienlike groei in die vierde kwartaal van 2024 aangeteken met groei van 11,1 persent teenoor die derde kwartaal en 12,8 persent op ‘n jaargrondslag. Die totale boekwaarde is 8,1 miljard Namibiese dollar. Korttermynlenings, bekend as betaaldaglenings was verantwoordelik vir 76 persent van die lenings met termynlenings wat die res bygedra het. Soos verwag is daar uitdagings met terugbetalings met agterstallige skuld wat 17 persent van die leningsboek beslaan en 1,3 miljard dollar bereik het.