McKellar stel nie belang om Wallabies af te rig nieApril 11, 2025
Die Waratahs se hoofafrigter, Dan McKellar, stel nie belang om Australië se sesde afrigter in vyf jaar te word nie. Die pos word later vanjaar beskikbaar wanneer Joe Schmidt vertrek nadat hy die posisie na 2023 se Wêreldbekertoernooi oorgeneem het. McKellar is genoem as moontlike kandidaat om die Nieu-Seelander op te volg, maar sê hy het van Leicester Tigers in Engeland na sy land teruggekeer om die Waratahs en Nieu-Suid-Wallis te help. Die Reds se breier, Les Kiss, word nou as gunsteling beskou om die volgende Wallabie-afrigter te word.