Man, 24, vas vir smous met polisie uniformsApril 11, 2025
‘n Man wat op heterdaad betrap is waar hy polisie uniforms op Ondangwa verkoop sal weer op 4 Augustus in die hof verskyn. Die 24-jarige Petrus Absalom is borg geweier en bly in aanhouding. Volgens die polisie is die uniforms twee maande gelede by ‘n huis van ‘n verkeersbeampte gesteel. Die polisie het inligting ontvang dat iemand ‘n koper soek en toe ‘n operasie gereël. Die reëls rakende polisie uniforms is uiters streng.