Klomp water is op pad na die OranjeApril 11, 2025

Meer as 4 200 kubieke meter water per sekonde word op die oomblik deur Suid-Afrikaanse owerhede van die Vaal-, Bloemhof-, Gariep- en Vanderkloofdamme vrygestel. Dit vorm deel van die Vaal-Oranje stelsel en die Namibiese Hidrologiese Diens maan gemeenskappe langs die Oranjerivier om uiters versigtig te wees. By Blouputs is vlakke van 1,49 meter gemeet en Sendelingsdrif staan op 1,95. Vloei by Ruacana het effe gedaal en is tans op 1 538 kubieke meter per sekonde. Die diens sê verder die Zambezi by Katima styg steeds en is tans op 4,71 meter met die Okavango by Rundu wat op 7,42 meter gemeet is. In die Cuvelai is iishanas uiters aktief en vloedwaarskuwings moet uitgereik word.