Sinner steeds Nr. 1 by sy terugkeerApril 10, 2025
Tennis: Jannik Sinner van Italië sal seker wees van sy nommer een-posisie op die wêreldranglys wanneer hy vroeg volgende maand terugkeer na sy opkikker-skorsing van drie-maande. Alexander Zverev van Duitsland se nederlaag teen Sinner se landgenoot, Matteo Berrettini, in die ronde van 32 in die Monte-Carlo-meesterstoernooi beteken dat hy Sinner nie kan verbysteek nie. Zverev kon in sy laaster ses toernooie nie verder as die kwarteindronde vorder nie. Die 23-jarige Sinner beplan om terug te keer in die Italiaanse Ope, wat op 5 Mei in Rome begin.