Shikongo se aansoek teen Amushelelo vandag aangehoor April 10, 2025
Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo se dringende aansoek teen NEFF-aktivis Michael Amushelelo sal vanoggend in die hoërhof voor die regter aan diens, aangehoor word. Hy vra die hof om Amushelelo te dwing om ‘n plasing wat hy op 31 Maart vanjaar op Facebook gemaak het oor Shikongo se noodlottige motorongeluk in Desember 2022. Ingevolge ‘n vorige saak het hy en Amushelelo geskik en Amushelelo het ingestem om nie verdere plasings daaroor te maak nie. Amushelelo het by die publiek gepleit vir 100 000 Namibiese dollar vir die regskoste. Dit kom voor hy skuldig bevind is van minagting van die hof en 5 000 dollar beboet is. Die publiek het ook hiermee gehelp en dis betaal.