Seewater om toilette te spoel? Kaapstad-inwoners sê jaApril 10, 2025

Inwoners van Kaapstad is bereid om tot tien-persent méér vir hul waterrekeninge te betaal om seewater vir die spoel van hul toilette te gebruik, solank dit nie sleg ruik of die toilette vlek nie. Dít is volgens ‘n ondersoek deur die Universiteit van Kaapstad. Navorsers sê die gebruik van seewater om toilette te spoel het egter sekere nadele, soos dat ‘n tweede netwerk waterpype gelê moet word – een vir drinkwater en die ander vir die toiletspoelwater.