Namdia-roof: Oud-sekuriteitswag verskyn April 10, 2025
Die voormalige G4S-wag Samuel Shipanga het in die Windhoek-landdroshof verskyn na hy in verband met die Namdia-roof op 18 Januarie aangekla is. Hy is vroeër op Ondangwa gearresteer. Die 33-jarige is borg geweier en sal weer op 17 Junie voor kom. Intussen berig Namibian Sun dat bronne bevestig dat die twee wat op Keetmanshoop gearresteer is, burgerlikes is en diamante gegee is om in Suid-Afrika te verkoop. Verdagte Sam Shololo het blykbaar ook reeds diamante in die buurland verkoop en NamPol werk saam met SAPD in die verband. Shololo en Joel Angula, die ander verdagte, se saak is tot 23 Mei vanjaar uitgestel. Ongeveer 274,3 miljoen Namibiese dollar se diamante is steeds soek, met 40,6 miljoen dollar se edelstene wat gevind is.