Maart was bloedige maand vir OekraïnersApril 10, 2025
Die Verenigde Nasies sê meer as drie jaar na die Russiese inval in Oekraïne, ly Oekraïnse burgerlikes steeds onder die verwoestende gevolge van die oorlog. In Maart is 164 Oekraïners dood en 910 beseer, ‘n styging van 50-persent in burgerlike ongevalle teenoor die vorige maand. Die VN se Menseregte-moniteringsending in Oekraïne sê onoordeelkundige aanvalle word volgens internasionale humanitêre wetgewing verbied. Hy sê die oorlog moet ingeperk word.