Knopvelsiekte nou in ErongoApril 10, 2025

Die landbouministerie het ‘n verbod op all veevervoer in die Otjimbingwe kommunale gebied ingestel na ‘n geval van knopvelsiekte bevestig is op 2 April. Die gebied is ook onder kwarantyn geplaas en inenting het volgens die Omaruru staatsveearts reeds begin. Boere word gemaan om inentingsbottels te hou sowel as strokies van aankope as bewys dat hulle wel hulle diere ingeënt het. Knopvelsiekte is verlede jaar Junie by Okakarara aangemeld en het reeds na Omaheke, die twee Kavango-streke, Zambezi, Ohangwena, Oshana, Oshikoto en Kunene versprei.