Goldman-Sachs sê resessie is steeds moontlikApril 10, 2025
Die Wall Street-bank, Goldman Sachs, waarsku die Amerikaanse ekonomie kan steeds in ʼn resessie verval, selfs nadat president Donald Trump tariewe op spesifieke lande vir 90 dae opgehef het. Tydens die opheffing sal ʼn universele tarief van 10 persent geld, maar Trump het tariewe vir China tot 125 persent verhoog. Goldman Sachs se ekonome voorspel die Amerikaanse ekonomie sal vanjaar teen slegs 0,5-persent groei. Hulle sê daar is ʼn 45 persent kans vir ʼn resessie oor die volgende 12 maande.