Dwelmbeslagleggings in Maart weer hemelhoogApril 10, 2025
Die Namibiese polisie het dwelmbeslagleggings vir Maart bekend gemaak. Die probleem neem toe en volgens die mag is 3,12 miljoen Namibiese dollar se dagga gevind, met amper 476 000 dollar se Mandrax, 1 500 dollar se kokaïenpoeier en 11 800 dollar se crack-kokaïen wat gekonfiskeer is. Daar is 160 verdagtes gearresteer waarvan 151 Namibiese burgers is, met twee Angolese en ook twee Kongolese en twee Zambiërs wat agter tralies is. Twee burgers van Eswatini en een van Mosambiek is ook gearresteer.