Brent onder druk, wisselkoers sukkel ookApril 10, 2025

Oliepryse het vanoggend teruggesak en verhandel op net minder as 64 Amerikaanse dollar per vat met Amerikaanse president Donald Trump wat ‘n handelsoorlog met China opgeskerp het. Na die tariefpouse vir meeste lande, het olie met ongeveer 4 persent gestyg nadat die kommoditeit met 7 persent Woensdag gedaal het tot onder 60 dollar ‘n vat. Die hoër Amerikaanse tariewe op China laat baie onsekerheid in die markte wat waarskynlik wêreldwye groei sal belemmer meen ontleders. Terwyl die Amerikaanse geldeenheid Woensdag veld verloor het is die geldeenheid steeds uiters sterk teenoor die rand en verhandel bo 19.