Billie Jean King kry eerste sportster of Walk of Fame April 10, 2025
Amerikaanse tennislegende, Billie Jean King, sê sy wil nie die eerste en laaste sportster wees aan wie ‘n ster op Hollywood se Walk of Fame toegeken word nie. Die 81-jarige is vereer in die nuwe sportvermaaklikheidkategorie op die beroemde sypaadjie in Los Angeles, wat vroeër tot sterre van die film, televisie, radio, teater en musiek, beperk was. King het 39 enkel- en dubbelspel- grand slam titels gewen tydens haar roemryke loopbaan, en het die Vroue Tennisvereniging vir professionele spelers gestig. Sy is ook ‘n voorstander van geslagsgelykheid en sosiale geregtigheid.