Tsitsipas, Berrettini en Draper vorder in Monte CarloApril 9, 2025
Tennis: Die verdedigende kampioen, Stefanos Tsitsipas van Griekeland, is deur na die derde ronde van die Monte Carlo-meesterstoernooi. Die driemalige kampioen het die Australiër Jordan Thompson in drie stelle geklop. Die Italianer Matteo Barrettini het die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev van Duitsland, ook in drie stelle uitgeskakel om die grootste ranglys-sege van sy loopbaan te behaal. Die kampioen van Indian Wells, Jack Draper van Brittanje, het die kleibaanseisoen op indrukwekkende wyse begin deur die Amerikaner Marcos Giron 6-1, 6-1 te verslaan.